Glaskas Lyrics

Kleurvol by Glaskas

Share this

Daars hardship in die township
Want die kinders wil nog skool gaan
Maar die onderwysers baklei oor politiek
En die mense in die stede
Wonder waar kom hulle regtig vandaan
En almal will graag weet waarheen alles gaan

Maar is ek dan nie meer nie
As net wit of swart?
Jy weet seker teen die tyd
Ware kleure lê in die hart
Maar soms raak ek moedeloos
En heeltemal keelvol
Want ek is nie 'n misdadiger nie
Ek is, nes jy
Kleurvol

Ek lees in die koerante
En dit voel as of niks verander nie
Tog wonder ek al meer waar pas ek in jou boek
En tog begin ek al hoe meer te soek
Na liefde, regverdigheid en geneesing

Want is almal dan nie meer nie
As net wit of swart?
Jy weet seker teen die tyd
Ware kleure lê in die hart
Maar soms raak ek moedeloos
En heeltemal keelvol
Want ek is nie 'n misdadiger nie
Ek is, nes jy
Kleurvol

Want is almal dan nie meer nie
As net wit of swart?
Jy weet seker teen die tyd
Ware kleure lê in die hart
Maar soms raak ek moedeloos
En heeltemal keelvol
Want ek is nie 'n misdadiger nie
En ek is nie 'n soldaat nie
En ek wil niemand afraak nie
Ek is, nes jy
Kleurvol
Share this



Glaskas lyrics are property and copyright of their owners.
All lyrics provided for educational purposes and personal use only.
Commercial use is not allowed.

Comments